Monday 5 December 2011

Hoe kon jy?

Jy’t my sonder plan en vol van smart in die lewe in gebring
Jy’t my nooit gedruk, gesoen of vir my aan die slaap gesing
Hoe kon jy my so leeg laat slaap, hoe kon jy vir my trane staar?
hoe kon jy verder gaan en nog kinders sonder liefde baar?


jy het my rondgeskuif van huis tot huis, van pa tot pa
jy het toegelaat dat ek sien hoe slaan nog ñ man my ma
hoe kon jy my op laat sit, hoe kon jy dronk word en my alleen laat bid?
hoe kon jy nie sien wat jou man’s doen aan jou kind?


jy het self verander van ma na niks, voor mense in ñ ander gewaad
jy het my gehaat vir elke dag maar ek het jou steeds lief gehad
hoe kon jy kinderliefde verwerp, hoe kon jy miskyk elke merk?
hoe kon jy dink eks oud genoeg, hoe kon jy dink ek is so sterk?


jy het gevat wat hulle aan jou doen, dit omgedraai aan my gedoen
jy het gevloek, gegil, gedrink, geslaan, jou dade bly steeds onversoen
hoe kon jy my jou swakheid laat sien, hoe kon jy dink ek’t dieselfde verdien?
hoe kon jy dink dis gesond en reg en moederlike aksies die?


Jy het jou oorgegee aan drank en meer, vergeet van my
Jy het ineengestort en my agtergelaat, gevlug, net so weggery
hoe kon jy my in die kar laat sit, hoe kon jy my probeer saam sleep?
hoe kon jy my slaan vir iets wat aan jou gewete vreet?


dis reg, dis klaar, niemand kan iets hiervan maak
jy het my groei gestop, my hart laat kalk
jy het geen idee wat jou lewe gedoen het
aan ñ kind wat moes grootword in ñ vreemde bed


dis reg, dis klaar, daar is niks meer te sê
maar ñ laaste vraag wil ek voor jou lê


dis ek jou seun, in bloed en siel is ons een
so hoe kon jy?

Shaun StoltZ

Tuesday 23 August 2011

tot ek weer kom

meer uit my tap
meer uit my bloei
my rivier staan nie ñ kans om tot die see te vloei

vat aanhou om keer
vat aanhou uitloop
my skottel staan nie ñ kans om sy rande te oorloop

is dit my skuld is dit jou skuld
dat ek voel so misbruik
ekt ñ gees wild en ñ hart wild
gedoktrineer tot ñ werks-lyk

is dit my weg is dit jou weg
wat ek blindelings bly volg
eks ñ ja kneg en ñ diens  kneg
dryf net saam die aards-gevolg

asseblief laat my vry wees om my drome na te streef
asseblief wereld los my tot ek weer kom om te leef

Shaun StoltZ

Wednesday 17 August 2011

Speel-Speel

Ek trek sirkels op jou skouer,
Jou rug ark.
Warm woorde vul jou oor,
Jou lyf ruk.
Ek haal asem op jou maag,
Jou mond krul.


Atomies bars ons teen mekaar vas.
ñ Rug breek oomblik teen die kas
ñ rosedoring kus voor ñ wegbreek
net meer nuuskierigheid opsteek.

Magneties lyf na lyf aantrek.
ñ Ontdekkingsreis van been tot nek
ñ glimlag piksoen voor die wegspring
dis n leeu-lus wat jou grond toe bring.

Met ñ velle slag tref ons die vloer.
Jy lag en kla, ek spoeg-lag-koer.
Vir ñ oomblik kyk ons stip en stil…
Jou vuishou terug ontlok ñ brul.




Ek trek sirkels op jou maag,
Jou asem snak.
Onnoembare dade vul jou denke,
Jou oë lag.
Ek neem jou in my arms,
Jou lyf witvlag.

Shaun StoltZ

Thursday 4 August 2011

Losbek Patroon

Vandag sit ek binnensmonds en dikteer
ñ Lys, op lys, oop lys oor my losbek patroon.
Ek wens dit was om haar vir alles te loon,
maar dis oor alles wat ek daagliks verteer.

Die rooi week wat sy so graag as verskoning bruik
om my hel te gee en sleg te se en af te kraak,
is eintlik maar net pappelellekoors maar, waak
die:  sy kan die vrees in jou antwoorde ruik.

Haar feminisme lê haar so na aan die hart
Sy vergeet van haar bydrae in gesonde verhoud.
Slangoog gluur laat selfs die kat en hond benoud
as ons vuilpoot haar skoon lewe tart

Laat ek nie kerm en se ek voel siek nie,
O wee, ek sal haar nog ñ aar laat bars
as sy moet kry my ipekonders van mars,
sit ek onder waak van die venus kommissie.

Sy kan doen alles wat ek kan doen en beter.
Sy’s slim, sterk , mooi, slim en bang niks boonop.
Lag saam my agt been harige, grillerige spinnekop,
ons ken die glaswang gil agter die vuurvreter.

As ek nie nou stop gaan ek my bevind in ñ petalje.
My speurvrou-superheld sal beslis die lys raak snuffel,
En as jy doen my plaas, my liefie, my alles, my buffel
hoop ek jy dink-soos ek- vir die meesterskrif verdien ek ñ medalje. 

Shaun StoltZ

Wednesday 27 July 2011

Verbeel My

Ek wens ek kon wees
Dit wat jy so maklik in ñ ander sien
Wat sou maak dat ek jou hart verdien
Asseblief verbeel my tot ek word vlees

Ek wens ek kon doen
Dit wat jou so maklik na ander trek
Wat sou maak dat jy oor my ook vrek
Asseblief  verbeel my ek jou soen

Ek wens ek kon sê
Dit wat jou kneë so maklik knak
Wat sou maak jy na jou asem snak
Asseblief verbeel my ek jou hê

Ek wens ek kon sien
Dit wat jy as volmaak  in ander ag
Wat sou maak dat jy vir my sou wag
Asseblief verbeel my ek 10 uit 10

Ek wens ek skryf vir jou ñ brief
Dit wat my liefdes hart laat plat lyn
Wat sou maak dat jy oor my ook kwyn
Asseblief verbeel my ek jou lief

Shaun StoltZ

Friday 22 July 2011

Onbekende Held

Ek leen my skouer uit
Aan siele wat dit nodig het
Vir die knieg teen borsbeen op die bed
Vir ieder loop en lippe byt

ek besef dat dit moeilik is
om te leef, werkwerkwerkwerkwerk
met die teken van vervangbaar gemerk

Wie is daar om my te red
Wanneer ek alleen staan
En hulp nodig het

Jy ken my nie, eks net n naam,
Ek stuur vir jou hulp boodskappe aan
Wie gaan die onbekende held red
Nadat hy die wereld gered het

Monday 6 June 2011

Ter Nagedenkenis aan ñ pa

die gediggie dig ek oor ñ pa
vermis, verlore, verniet
sonder held om te strewe na
ster verskiet seun’s hart verdriet

met wie te praat
wie te vra na raad
met wie te lag
my krag en mag?

al is jy vir my onbekend
en ek vir jou ñ embrio
wil ek  net se jy’t my geskend
o en ja ek is ñ leeu

myself moes leer
van lief en eer
myself moes straf
by ñ graspol graf

ek is nou ñ jong man maer
met ñ warboel vet gedagtes
dankie ñ pa-enigste verdagte
ter nagedenkenis verjaar.

Shaun StoltZ

Wednesday 18 May 2011

As ek nog leef



As ek nog is
Patroon herhaal
As ek nog is
Het ek gefaal

As ek nog voel
Te dun van daad
As ek nog voel
Het ek geen saad

As ek nog wees
In vlees gevang
As ek nog wees
Lae lewensrang

As ek nog leef
Kwota onvoldoen
As ek nog leef
Nie werd versoen

As ek nog is
Asem deurspoel
As ek nog is
Onbereikte doel

Shaun StoltZ

Sunday 15 May 2011

Net ek.

Net ek asem donker
Klein, veilg bekend

Net ek denke swymel
Stil, stemhebbend

net ek sukkel lief
moeg, sieldodend

moeilik soos alles raak
is daar troos in bekend
veilig my tot kleintyd wend
wyl ek woorde braak

Shaun StoltZ

Thursday 12 May 2011

Hart Donker Swart

Met hart van swart
Gaan ek lewe deur
Met donker hart
N tong wat skeur

Te veel gesien
En te veel beleef
Met oë niks sien
N hart niks streef

N glass dol leeg
Hoop niks vervul
N daad moet pleeg
Niemand het benul

Met swart van hart
Lewe ek my deur
Met donker hart
Vlymskerp verskeur

Tuesday 10 May 2011

Hardloop Weg


Ek hardloop vry
                Ek hardloop vir my
                                Weg van stress weg van kommer
                                                Weg van alles verander my nommer
                                                Tegnologie slegte vriend gee my weg
                                                Verraai my sleg
                                                Ek hardloop weer
                                                                Ek hardloop asem deur
                                                                                Weg van mense weg van invloed
                                                                                                Weg van alles herinner my mismoed
                                                                                                Spieël slegte vriend sê my sleg
                                                                                                Dus vlug ek vreemde in
                                                                                                Dus vlug ek om tyd te win
                                                                                                Ek hardloop weg.


Shaun StoltZ

Thursday 5 May 2011

Se My Soek

Projekteer jou visie op n doek
Spieël vir my presies dit wat jy soek
Sonder speletjies en doekies draai
My ego soms so te verraai
Sê vir my net reguit wat jy soek

Dikteer jou feëverhaal oor ons
woord vir my jou sinne in my gons
Sonder laf te wees en kamofleer
My ego soms so te kalmeer
Sê vir my net goed my hart laat bons

Litereer jou missie op n blad
Sin vir my oral waarheen jy my vat
Sonder kommer of te veel te dink
My ego vry volg my instink
Sê vir my net prontuit hart-patat.

Manifesteer jou emosies in my gees
Bind ons twee ons veraltyd een kan wees
Sonder sellotape of super-gom
My ego se soms goed so dom
Sê vir my ek ons toekoms vir jou lees

Shaun StoltZ

Monday 18 April 2011

Beaula

Met poeiertjies en goetertjies
Versuur jy jou gesig
Te pragtig om eers na te kyk
Nee rerig, ek wil nie, wyk

In jou spieël is jy die mooiste ding
Wat ooit op twee bene kon sweef
Vir ander is jou skouspelagtigheid
Heelemal te beleefd

Jy is waarlik alles, en nog meer
Dit wat my lewe versies
Dis lelik van my ek vra ekskuus
Maar daai flossie is net verkeerd

Ou Beaula vat my met n knippie sout
Al net vir jou eie beswil
Want ek sal nooit verander nie
En jy ook nie, ek sal onthou

Wednesday 13 April 2011

Oums

Antieke klein dogterjie
My grootmaak en my lief
Hiervoor ek se dankie

Sout en peper wysheid-
Leer alles goed en sleg
So lief vir jou van kleintyd

Oummie martha martha
Skarrel nog te veel
Hommelby almal ewig abba

Handjies vol kreukels
Deur die lewe ingestryk
Ek deeg, oums kneukels

My maan en ster vriendin
Sonder wie ek nie kan bly
Meer as ouma, meer as sin

Antieke klein dogtertjie
Sout en peper kennertjie
Oumie martha martha
Rustig raak ons jou nou abba


Shaun StoltZ

Monday 11 April 2011

Net n bietjie alleen

My eie asem boomerang teen my oor
Die gedruis van my denke belemmer my visie
Net n bietjie alleen sonder n gehoor
My polslag en my hart maak onskuldig rusie

My gedagtes kry kans om n droom te bou
Wyl ek voelers uitstrek om stilte te vang
Maak my siel reg om hard aan realiteit te kou
En drup drup lewe opdraend teen my wang

My eie stem klink sterk en vol van self
So klankhelder ek wil nie ophou luister
Maar vir die stem moet ek deesdae dieper delf
Gelukkig steeds altyd daar aldan net n fluister

Ek en ek maak my onbeskryflik gelukkig
As ek asem, oë toe, stem gestol gedagtes dwaal
My binnenskopse humor is partykeer so pittig
Vertel ek vir almal in my eie denkende taal.

Soms moet ek net bietjie alleen wees
Die ritueel van hart-en-siel-word-een moet begin
Asem bou my en die swart word sig deur gees
En vir daardie oomblik maak alles nog minder sin.


Tuesday 5 April 2011

Vat my

Vat n dag
Vat my lag
Vat my laaste asem ook.

Neem   n dag
Neem my  krag
Neem my laaste oomblik ook.

Kry n dag
Kry my mag
Kry my laaste vryheid ook.

Want ek en Jy het n pad gestap
My Weerkaatsing ek mis Jou so.

Wednesday 30 March 2011

Ek Man

Die lewe geniet hom gate uit
om jou, Lappop, uitmekaar te trek.
So seer te maak, jou gal te werk
deur jou neus te vryf in realiteit.


Die lewe weet wat te doen teen jou
deur jou siel te knak , n hart ook breek.
So kontant jou seer in trane te week
om jou altyd te herinner jy vrou.


Hier op hings ter eer jou saak
te keur, niemand my lief aan peuter
Waar trane deur die krake gaan.


Altyd ewig so getrou te waak
My hartspunt , my porselein weder
My sweer plig, ek man.

Tuesday 22 March 2011

Om Werklik Te Bemin

Om net vir jou te val
Vir jou te kyk
Maak my wese byna mal

Al sal jy nooit weet
Hoe ek oor jou voel
Al het jy my lankal vergeet

As jy so staar in verte in
Met daardie glinster in jou oë
Om werklik  te bemin

Om net met jou te praat
Al sonder stemme
Net in teks te vra na raad

Al sal jy nooit weet
Dit gaan  oor jou
al is dit jy waaroor ek sweet

as jy so speels  raak met jou sin
met daardie giggel in jou stem
om werkilk te bemin

om net jou lief te hê
oor jou te droom
al sonder om vir jou te sê

al sal jy nooit weet
eks lief vir jou
jou naam is my hartstog kreet

ek weet dat jou hart is klaar gewin
en my kans is nou verbeur
maar… om werklik te bemin

Shaun StoltZ

Monday 14 March 2011

Ink van Wit


Breek n dag
Breek n brug
Wat vandag is vervalle
Is more geblus

Alles wag
Almal het n wag
Te veel stilte
Van Sin ontmag

Dinge versteek
Wat moes wees
Wat sou wees
Stem wat stol

Ink op die tafel
Druppel op die vloer
Waar is bewyse
Van dinge van as

Papier so wit
So wit so wit
Daarom verdwyn dinge
Ink van wit, wit , wit


Shaun StoltZ

Thursday 10 March 2011

Martha

Meisie-vrou van Mountain View
Altyd glimlag op hart en oë
Rykie rissie nooit hoor skreeu
Yl nimmer altyd getoë
Krulle dos soos maan van leeu
Een glimlag laat jou bewoë

Vandag, more volgende week
Altyd dieselfde meisie-mens
Nooit n dubbel agenda versteek

Dierbare hart en siel so vrolik
Enigmatiese dryf-stap
Verre weg onbeskryflik
Eintlik heelemal bo my krap
Nederig steeds al so ongelooflik
Talente sy mee almal betrap
En dan ook nog boonop oulik
Rykie-meisie my woord-hart leeg tap.                            

Shaun StoltZ