Wednesday 17 August 2011

Speel-Speel

Ek trek sirkels op jou skouer,
Jou rug ark.
Warm woorde vul jou oor,
Jou lyf ruk.
Ek haal asem op jou maag,
Jou mond krul.


Atomies bars ons teen mekaar vas.
ñ Rug breek oomblik teen die kas
ñ rosedoring kus voor ñ wegbreek
net meer nuuskierigheid opsteek.

Magneties lyf na lyf aantrek.
ñ Ontdekkingsreis van been tot nek
ñ glimlag piksoen voor die wegspring
dis n leeu-lus wat jou grond toe bring.

Met ñ velle slag tref ons die vloer.
Jy lag en kla, ek spoeg-lag-koer.
Vir ñ oomblik kyk ons stip en stil…
Jou vuishou terug ontlok ñ brul.




Ek trek sirkels op jou maag,
Jou asem snak.
Onnoembare dade vul jou denke,
Jou oë lag.
Ek neem jou in my arms,
Jou lyf witvlag.

Shaun StoltZ

No comments:

Post a Comment