Thursday 4 August 2011

Losbek Patroon

Vandag sit ek binnensmonds en dikteer
ñ Lys, op lys, oop lys oor my losbek patroon.
Ek wens dit was om haar vir alles te loon,
maar dis oor alles wat ek daagliks verteer.

Die rooi week wat sy so graag as verskoning bruik
om my hel te gee en sleg te se en af te kraak,
is eintlik maar net pappelellekoors maar, waak
die:  sy kan die vrees in jou antwoorde ruik.

Haar feminisme lê haar so na aan die hart
Sy vergeet van haar bydrae in gesonde verhoud.
Slangoog gluur laat selfs die kat en hond benoud
as ons vuilpoot haar skoon lewe tart

Laat ek nie kerm en se ek voel siek nie,
O wee, ek sal haar nog ñ aar laat bars
as sy moet kry my ipekonders van mars,
sit ek onder waak van die venus kommissie.

Sy kan doen alles wat ek kan doen en beter.
Sy’s slim, sterk , mooi, slim en bang niks boonop.
Lag saam my agt been harige, grillerige spinnekop,
ons ken die glaswang gil agter die vuurvreter.

As ek nie nou stop gaan ek my bevind in ñ petalje.
My speurvrou-superheld sal beslis die lys raak snuffel,
En as jy doen my plaas, my liefie, my alles, my buffel
hoop ek jy dink-soos ek- vir die meesterskrif verdien ek ñ medalje. 

Shaun StoltZ

No comments:

Post a Comment