Om net vir jou te val
Vir jou te kyk
Maak my wese byna mal
Al sal jy nooit weet
Hoe ek oor jou voel
Al het jy my lankal vergeet
As jy so staar in verte in
Met daardie glinster in jou oë
Om werklik te bemin
Om net met jou te praat
Al sonder stemme
Net in teks te vra na raad
Al sal jy nooit weet
Dit gaan oor jou
al is dit jy waaroor ek sweet
as jy so speels raak met jou sin
met daardie giggel in jou stem
om werkilk te bemin
om net jou lief te hê
oor jou te droom
al sonder om vir jou te sê
al sal jy nooit weet
eks lief vir jou
jou naam is my hartstog kreet
ek weet dat jou hart is klaar gewin
en my kans is nou verbeur
maar… om werklik te bemin
Shaun StoltZ
No comments:
Post a Comment