Monday 18 April 2011

Beaula

Met poeiertjies en goetertjies
Versuur jy jou gesig
Te pragtig om eers na te kyk
Nee rerig, ek wil nie, wyk

In jou spieël is jy die mooiste ding
Wat ooit op twee bene kon sweef
Vir ander is jou skouspelagtigheid
Heelemal te beleefd

Jy is waarlik alles, en nog meer
Dit wat my lewe versies
Dis lelik van my ek vra ekskuus
Maar daai flossie is net verkeerd

Ou Beaula vat my met n knippie sout
Al net vir jou eie beswil
Want ek sal nooit verander nie
En jy ook nie, ek sal onthou

Wednesday 13 April 2011

Oums

Antieke klein dogterjie
My grootmaak en my lief
Hiervoor ek se dankie

Sout en peper wysheid-
Leer alles goed en sleg
So lief vir jou van kleintyd

Oummie martha martha
Skarrel nog te veel
Hommelby almal ewig abba

Handjies vol kreukels
Deur die lewe ingestryk
Ek deeg, oums kneukels

My maan en ster vriendin
Sonder wie ek nie kan bly
Meer as ouma, meer as sin

Antieke klein dogtertjie
Sout en peper kennertjie
Oumie martha martha
Rustig raak ons jou nou abba


Shaun StoltZ

Monday 11 April 2011

Net n bietjie alleen

My eie asem boomerang teen my oor
Die gedruis van my denke belemmer my visie
Net n bietjie alleen sonder n gehoor
My polslag en my hart maak onskuldig rusie

My gedagtes kry kans om n droom te bou
Wyl ek voelers uitstrek om stilte te vang
Maak my siel reg om hard aan realiteit te kou
En drup drup lewe opdraend teen my wang

My eie stem klink sterk en vol van self
So klankhelder ek wil nie ophou luister
Maar vir die stem moet ek deesdae dieper delf
Gelukkig steeds altyd daar aldan net n fluister

Ek en ek maak my onbeskryflik gelukkig
As ek asem, oë toe, stem gestol gedagtes dwaal
My binnenskopse humor is partykeer so pittig
Vertel ek vir almal in my eie denkende taal.

Soms moet ek net bietjie alleen wees
Die ritueel van hart-en-siel-word-een moet begin
Asem bou my en die swart word sig deur gees
En vir daardie oomblik maak alles nog minder sin.


Tuesday 5 April 2011

Vat my

Vat n dag
Vat my lag
Vat my laaste asem ook.

Neem   n dag
Neem my  krag
Neem my laaste oomblik ook.

Kry n dag
Kry my mag
Kry my laaste vryheid ook.

Want ek en Jy het n pad gestap
My Weerkaatsing ek mis Jou so.