Thursday 26 January 2012

22

Waar die son aan die water raak
aan die kant van die plot waar die grond so kraak

Waar ñ plan beraam word met ñ enkele knik
as die wind so aan ouma se sink dak ruk

Waar uitgeslape jagters buk en bekruip
vlie tarentale uit die gras en ñ kiewiet kry ñ stuip

Waar modder ñ kosbare herrinnering meet
van gansdam skoonmaak het ons helemal vergeet

Waar Seringboom bloeisels ñ persmat maak
in di El Camino canopy broers geheime bewaak

Waar driveway grys ons velle merk
het ons knieë langs ons ore die teerpad uitgewerk

Waar die gras wat jy bring ons longe vermaak
en die swart my wil insluk en scary raak

Waar jou lag weergalm oor die lang plot gras
ons het net getrek, toe trek jy terug in ñ kas

Waar jy elke nag in die donker lê
het ek my hart gelos om vir jou nag te sê

Waar ñ ster in die lug aan die skitter raak
lê ek en probeer jou gesig in die wolke maak

Waar jou siel nou travel oor tyd en plek
sal ons eendag weer saam lag jy en ek

Aan my boetie:  Shain, tot my laaste dag sal my hart hinker na ons grootwordjare, ek hoop jy het rus en liefde daar waar jy ookal mag wees en dat jy my sal help om so sterk soos jy te wees.

Monday 5 December 2011

Hoe kon jy?

Jy’t my sonder plan en vol van smart in die lewe in gebring
Jy’t my nooit gedruk, gesoen of vir my aan die slaap gesing
Hoe kon jy my so leeg laat slaap, hoe kon jy vir my trane staar?
hoe kon jy verder gaan en nog kinders sonder liefde baar?


jy het my rondgeskuif van huis tot huis, van pa tot pa
jy het toegelaat dat ek sien hoe slaan nog ñ man my ma
hoe kon jy my op laat sit, hoe kon jy dronk word en my alleen laat bid?
hoe kon jy nie sien wat jou man’s doen aan jou kind?


jy het self verander van ma na niks, voor mense in ñ ander gewaad
jy het my gehaat vir elke dag maar ek het jou steeds lief gehad
hoe kon jy kinderliefde verwerp, hoe kon jy miskyk elke merk?
hoe kon jy dink eks oud genoeg, hoe kon jy dink ek is so sterk?


jy het gevat wat hulle aan jou doen, dit omgedraai aan my gedoen
jy het gevloek, gegil, gedrink, geslaan, jou dade bly steeds onversoen
hoe kon jy my jou swakheid laat sien, hoe kon jy dink ek’t dieselfde verdien?
hoe kon jy dink dis gesond en reg en moederlike aksies die?


Jy het jou oorgegee aan drank en meer, vergeet van my
Jy het ineengestort en my agtergelaat, gevlug, net so weggery
hoe kon jy my in die kar laat sit, hoe kon jy my probeer saam sleep?
hoe kon jy my slaan vir iets wat aan jou gewete vreet?


dis reg, dis klaar, niemand kan iets hiervan maak
jy het my groei gestop, my hart laat kalk
jy het geen idee wat jou lewe gedoen het
aan ñ kind wat moes grootword in ñ vreemde bed


dis reg, dis klaar, daar is niks meer te sê
maar ñ laaste vraag wil ek voor jou lê


dis ek jou seun, in bloed en siel is ons een
so hoe kon jy?

Shaun StoltZ

Tuesday 23 August 2011

tot ek weer kom

meer uit my tap
meer uit my bloei
my rivier staan nie ñ kans om tot die see te vloei

vat aanhou om keer
vat aanhou uitloop
my skottel staan nie ñ kans om sy rande te oorloop

is dit my skuld is dit jou skuld
dat ek voel so misbruik
ekt ñ gees wild en ñ hart wild
gedoktrineer tot ñ werks-lyk

is dit my weg is dit jou weg
wat ek blindelings bly volg
eks ñ ja kneg en ñ diens  kneg
dryf net saam die aards-gevolg

asseblief laat my vry wees om my drome na te streef
asseblief wereld los my tot ek weer kom om te leef

Shaun StoltZ

Wednesday 17 August 2011

Speel-Speel

Ek trek sirkels op jou skouer,
Jou rug ark.
Warm woorde vul jou oor,
Jou lyf ruk.
Ek haal asem op jou maag,
Jou mond krul.


Atomies bars ons teen mekaar vas.
ñ Rug breek oomblik teen die kas
ñ rosedoring kus voor ñ wegbreek
net meer nuuskierigheid opsteek.

Magneties lyf na lyf aantrek.
ñ Ontdekkingsreis van been tot nek
ñ glimlag piksoen voor die wegspring
dis n leeu-lus wat jou grond toe bring.

Met ñ velle slag tref ons die vloer.
Jy lag en kla, ek spoeg-lag-koer.
Vir ñ oomblik kyk ons stip en stil…
Jou vuishou terug ontlok ñ brul.




Ek trek sirkels op jou maag,
Jou asem snak.
Onnoembare dade vul jou denke,
Jou oë lag.
Ek neem jou in my arms,
Jou lyf witvlag.

Shaun StoltZ

Thursday 4 August 2011

Losbek Patroon

Vandag sit ek binnensmonds en dikteer
ñ Lys, op lys, oop lys oor my losbek patroon.
Ek wens dit was om haar vir alles te loon,
maar dis oor alles wat ek daagliks verteer.

Die rooi week wat sy so graag as verskoning bruik
om my hel te gee en sleg te se en af te kraak,
is eintlik maar net pappelellekoors maar, waak
die:  sy kan die vrees in jou antwoorde ruik.

Haar feminisme lê haar so na aan die hart
Sy vergeet van haar bydrae in gesonde verhoud.
Slangoog gluur laat selfs die kat en hond benoud
as ons vuilpoot haar skoon lewe tart

Laat ek nie kerm en se ek voel siek nie,
O wee, ek sal haar nog ñ aar laat bars
as sy moet kry my ipekonders van mars,
sit ek onder waak van die venus kommissie.

Sy kan doen alles wat ek kan doen en beter.
Sy’s slim, sterk , mooi, slim en bang niks boonop.
Lag saam my agt been harige, grillerige spinnekop,
ons ken die glaswang gil agter die vuurvreter.

As ek nie nou stop gaan ek my bevind in ñ petalje.
My speurvrou-superheld sal beslis die lys raak snuffel,
En as jy doen my plaas, my liefie, my alles, my buffel
hoop ek jy dink-soos ek- vir die meesterskrif verdien ek ñ medalje. 

Shaun StoltZ

Wednesday 27 July 2011

Verbeel My

Ek wens ek kon wees
Dit wat jy so maklik in ñ ander sien
Wat sou maak dat ek jou hart verdien
Asseblief verbeel my tot ek word vlees

Ek wens ek kon doen
Dit wat jou so maklik na ander trek
Wat sou maak dat jy oor my ook vrek
Asseblief  verbeel my ek jou soen

Ek wens ek kon sê
Dit wat jou kneë so maklik knak
Wat sou maak jy na jou asem snak
Asseblief verbeel my ek jou hê

Ek wens ek kon sien
Dit wat jy as volmaak  in ander ag
Wat sou maak dat jy vir my sou wag
Asseblief verbeel my ek 10 uit 10

Ek wens ek skryf vir jou ñ brief
Dit wat my liefdes hart laat plat lyn
Wat sou maak dat jy oor my ook kwyn
Asseblief verbeel my ek jou lief

Shaun StoltZ

Friday 22 July 2011

Onbekende Held

Ek leen my skouer uit
Aan siele wat dit nodig het
Vir die knieg teen borsbeen op die bed
Vir ieder loop en lippe byt

ek besef dat dit moeilik is
om te leef, werkwerkwerkwerkwerk
met die teken van vervangbaar gemerk

Wie is daar om my te red
Wanneer ek alleen staan
En hulp nodig het

Jy ken my nie, eks net n naam,
Ek stuur vir jou hulp boodskappe aan
Wie gaan die onbekende held red
Nadat hy die wereld gered het