Waar die son aan die water raak
aan die kant van die plot waar die grond so kraak
Waar ñ plan beraam word met ñ enkele knik
as die wind so aan ouma se sink dak ruk
Waar uitgeslape jagters buk en bekruip
vlie tarentale uit die gras en ñ kiewiet kry ñ stuip
Waar modder ñ kosbare herrinnering meet
van gansdam skoonmaak het ons helemal vergeet
Waar Seringboom bloeisels ñ persmat maak
in di El Camino canopy broers geheime bewaak
Waar driveway grys ons velle merk
het ons knieë langs ons ore die teerpad uitgewerk
Waar die gras wat jy bring ons longe vermaak
en die swart my wil insluk en scary raak
Waar jou lag weergalm oor die lang plot gras
ons het net getrek, toe trek jy terug in ñ kas
Waar jy elke nag in die donker lê
het ek my hart gelos om vir jou nag te sê
Waar ñ ster in die lug aan die skitter raak
lê ek en probeer jou gesig in die wolke maak
Waar jou siel nou travel oor tyd en plek
sal ons eendag weer saam lag jy en ek
Aan my boetie: Shain, tot my laaste dag sal my hart hinker na ons grootwordjare, ek hoop jy het rus en liefde daar waar jy ookal mag wees en dat jy my sal help om so sterk soos jy te wees.